By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
VAN DIE REDAKTEUR
Idees
‘N GROEN KERSFEES • Vier Kersfees met ‘n oorvloed van immergroen blare. Hou die dekor subtiel en eenvoudig, maar onthou dis die seisoen waar groen gerus maar die botoon kan voer!
‘N DROOM IN WIT • Maak Kersfees vanjaar ‘n ontspanne sneeuwit fees met koel, kontemporêre inspirasie van die kus.
WIT OP WIT • Is jy op soek na vars idees om jou Kersdekor op te kikker? Hier is 10 sneeuwit selfdoenplanne wat vanjaar se feesvieringe waarlik spesiaal sal maak.
FANTASIE IN BLOU • SKEP HIERDIE KERSFEES ‘N FANTASIERYKE KUIERRUIMTE MET KANT, TULLE EN TOILE IN BLOU EN WIT.
VIER DIE MOOI • Volg ons stap-vir-stap-resepte en slaan hierdie Kersfees jou gaste se asem weg met die mooiste, feestelikste borde.
PESTO-STER • Hierdie maklíke stervormige deeghappie gaan die kollig steel by jou feestafel. Die ryk, skilferige tekstuur en heerlike geur maak dit ideaal om as voorgereg te deel.
SAG EN SOET • Hierdie sagte karamellekkers is die perfekte handgemaakte Kersgeskenk of'n heerlike soet bederf wat jy ná ete kan voorsit.
DIS KRISMIS! • Maak julle Kersfees betowerend met hierdie projekte waarmee almal in die gesin kan help en wat vir seker vir groot pret sal sorg.
MET LIEFDE GEMAAK • Begin vroeg en maak vanjaar klappers, kaartjies en Kerskouse vir geliefdes. Selfs die kleinste geskenk word spesiaal.
POMPOM-KUSSING • Brei ‘n kussing met vrolike pompoms vir jou Kershuis. Die Kersboompie kan ook op die kussing gebruik word of as versiering vir jou boom.
HUIS-HUIS • Dié oulike huisies is nie net fraai geskenke nie, maar gee ook aan die huis ‘n wonderlike feesgevoel.
MOOI VIR JOU BOOM • Dit is nou net die regte tyd van die jaar om jou oorskietvilt en -breidraad in te span om pragtige Kersboomversierings te maak.
OP JOU LEESLYS
JUL IDEES • Ons hoor graag van jou! Vertel vir ons meer oor jouself, wat jou inspireer en waarmee jy alles besig is. E-posse en foto's is welkom.