Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
HALLO
Tuis
Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en tik in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.
Trek ’n lyn • Strepe is van nature pure pret, ’n klassieke ontwerpelement wat in enige ruimte tot sy reg kom.
Kom saam winkels toe!
Wat’s nuut
Van een paradys na ’n ander • Al woon hulle op ’n beeldskone Spaanse eiland het dié gesin ’n Kaapse strandhuisie opgeknap as hul vakansieplek.
BOUSTENE VAN GOEIE ONTWERP • Dié kompakte huis, gebou van natuurlike materiale en met onberispelike vakmanskap, bewys bekostigbare argitektuur bestaan wel.
Liefde MET DIE EERSTE SIEN • Wie koop die eerste huis wat hulle sien? Gisela Piercey, want ’n ou Simonstad-huisie was net wat haar hart begeer het.
’n Tweede kans • Die skrywer Irna van Zyl en haar lewensmaat het ’n rustige wegkomplek geskep wat so aards is soos die ongerepte Overbergse kus op hul drumpel.
’n Nuwe hoofstuk • ’n Geliefde ou familiewoning spog nou met ’n spierwit interieur en aksente van donker hout vir sy luilekker nuwe seisoen.
Soete herinneringe • Vakansietyd is kiekietyd – maar moenie jou foto’s wegsteek op jou foon nie, gebruik dit in jou dekor!
Dieremaniere
Vra die kenners • Brand jy om nuwe lewe te blaas in jou gastekamer, of wil jy weet hoe om jou vakansietafel en -dekor meer kleurryk te maak? Vra net – ons kry die antwoorde.
Tuindagboek
Tuinkopies
BLOKRAAI #188
Waar die gras NIE WOU GROEI NIE... • Met slim planne, netjies gesnoeide soutbosballe en rivierklip trek dié tuin se formele voorkoms dadelik die aandag.
Op die kop! • In harmonie met die klip op dié koppie het Surine Bezuidenhout tuin gemaak op Naftali.
SPESIALE SPYSKAART VIR spesiale mense • Nooi jou geliefdes en sit aan vir luilekker feeskos, somer en samesyn!
Amandelmeringue- stapelkoek • Dié indrukwekkende laagkoek bestaan uit brosgebakte meringuelae, vla en sjokolade.
Doop dit! • Vakansiestaatmakers vir jou koekblik!
Kos & drank
Tussen moedeloos en moedskep • Dis ons almal se nagmerrie-ervaring, skryf Karin Brynard, die eindelose ry by ’n staatsdienskantoor.