SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
EERSTE SÊ
NATANIËL SÊ
ons wêreld
JULLE SÊ • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT
Ná 40 jaar ’n STER wat steeds helder skyn • Sy was maar 17, naïef-dapper, toe sy die hoofsanger van die groep Mango Groove geword het. Oor die volgende vier dekades sou Claire Johnston die wêreld oorrompel met haar sangtalent. Daar was vele hoogtepunte, ja, maar ook laagtepunte. Vandag kan sy onomwonde sê: ‘Dit gaan goed met my’
JE-ANI SWIEGELAAR ’N UITDAGING ’N DAG • Sy het al haar spaargeld gebruik om die countrysangeres Shania Twain in Londen te sien optree, restoureer haar huis eiehandig, het ’n hele ‘sirkus’ van diere tuis en oefen vir haar sesde half-Ysterman. Binnelanders se Je-ani Swiegelaar doen niks halfhartig nie
MARIA het als verander . . . HUNTER KENNEDY • Hy was deel van Bellville se rock-rebellie, kliphard op soek na antwoorde. As lid van Fokofpolisiekar (later ook Die Heuwels Fantasties en aKING) het sy musiek die jeug ’n stem gegee. Vandag kyk Hunter Kennedy met sagter oë na die wêreld . . . deur sy kind s’n
DIE KATTE KOM WEER • Die boodskap van die tydlose musiekblyspel Cats is universeel: selfaanvaarding, die behoefte om te behoort, die belangrikhied van deernis. Vanjaar ontroer die glam ou kat Grizabella ons weer met haar onvergeetlike lied “Memory”. Kerstyd dink ons terug . . . saam met haar
KERSFEES • Aan die suiderpunt van Afrika vier ons ’n Somerkersfees soos net ons kan. Met ’n oop hart, kranse, kerse en kleur. Elke spyskaart spog met onthou-smake en ons is geklee in ons Kersfees-beste, boonop met ’n lipkleur en parfuum wat sê: Saam skep ons #herinneringe
ROLANDA MARAIS BALANS? Eerder vrede • 2025 was vir Rolanda Marais uitdagend – persoonlik én in haar loopbaan. Balans is nie iets waarna ’n mens moet streef nie, meen sy, eerder moet jy vrede leer maak met die lewe se wipplank. En nou lê Kersfees voor, ‘een groot, chaotiese, wonderlike familiefees’
DIS ’N Fees • . . . en soos ons sien sy uit! Vanjaar hou ons Kersfees saam met Rolanda. Sy deel haar mooiste en lekkerste feesherinneringe en dit inspireer ons spyskaart propvol smaak, kleur en baie onthou. Stylvol, soos die aktrise self
Loof & LINT • Maak van Kersfees ’n vrolike en kleurvolle viering. Met ’n aweregse Kersboom (of twee) en Afrika-wasdoek vir van Kersballe tot geskenke. Alles afgerond met ’n oorvloed van vars of gedroogde blomme en loof uit jou tuin
’n Tikkie Afrika STYL • SARIE Voorbladgesig Jennica Marais en ons Nuwe Gesigwenner, Lee-Shay Alexander, wys hoe jy Kersfees stylvol vier – met inspirasie so reg uit ons eie kleurvolle kontinent
GLANS KLEUR & SKATTE • Vanjaar se feesgety is in volkleur, ook op jou naels, lippe en oë. Voeg daarby ’n goue geur, blink hare en ’n tikkie Afrika-inspirasie en jy’s gereed vir jou Kersfees-oomblik
LANGER jonger MIN-MOEITE-ROETINE • Voorbladster Rolanda is ’n tydlose skoonheid, maar ure voor die spieël staan sy nie. Hier deel sy haar skoonheidsgunstelinge
SWART vir die styl • As geskenk vir jouself of iemand spesiaals, swart spel elegansie in jou huis, kas of op jou spieëltafel
PIENK vir die pret • Die vroulike kleur bly welkom in elke Kerskous of om enige fees-uitrusting te tooi
GROEN vir die sjiek • Die seisoen vir groen . ....