Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Wenner
Tuimeltrein-pryse: Graanboere se oorlewingsgids
Verloorder
Ongewone gewone mense
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000;e-pos: lbw@landbou.com
Renosterbewaring: Wie betaal die rekening?
BTW-bedrog: ‘Misdadige, ekonomiese kanker’ ondersoek • ’n Ondersoek na BTW-ongerymdhede is in ’n sensitiewe stadium — en ’n groep besorgde sakemanne sê dit lyk of Suid-Afrika se verlies aan belastinginkomste minstens R1 miljard beloop. ’n Belastingkenner met binnekennis verduidelik hoe die vermeende sindikaat se ‘slimsom’ werk.
Gevaarligte flikker vir droër toestande • Tekens dui daarop dat El Niño die laaste paar jaar van die dekade kan voorkom.
Gaan SA se entstof teen bek-en-klouseer opraak? • Daar is tans meer as 200 uitbrekings van bek-en-klouseer (BKS) in vyf provinsies in Suid-Afrika. Die land se melk- en vleisbeesboere is baie bekommerd oor gerugte dat nuwe voorraad van entstof teen dié siekte dalk eers in Januarie 2026 beskikbaar gaan wees.
Rooivleisboere: ‘Ons kort sterk leierskap!’ • Gefrustreerde rooivleisboere het in ’n gespreksessie op Nampo Alfa gesê sterk leierskap is nodig om hul belange te beskerm en die bedryf na ’n nuwe vlak te neem.
Oesskatting vir somergewasse styg verder • Die 2024-’25-someroes vir graan en oliesade eindig op ’n hoë noot met die negende skatting wat weer sedert September met 1% opwaarts tot ’n geraamde 20,08 miljoen ton aangepas is. Die skatting is ook verlede maand met 2% opgestoot.
Zim: Van kruiwaens vol kontant tot oorlewingsvaardighede • ‘As ons geldnote op die vloer laat val het, was dit ’n groot grap. Jy het nie eens die moeite gedoen om dit op te tel nie. Teen die tyd dat jy dit opgetel het, het die geld die helfte van sy waarde verloor.’
Chemie ‘bly nodig’, want organies het perke
Renosterhoring: Uitspraak baan weg vir uitvoer
Landbouwater ‘tot op die druppel gemonitor’
Voëlgriep breek uit by SA se grootste eierprodusent • Quantum Foods, eienaar van Nulaid, die land se grootste eierprodusent, kon in sy jongste boekjaar byna 80% meer eiers as in die vorige boekjaar bemark, maar voëlgriep het laat in September op een van sy plase uitgebreek.
Gebrek aan besluite deur regerings kelder inenting teen voëlgriep
Sorg dat jy ’n testament het – en hou dit bygewerk • Testamente vorm die grondslag van enige goeie finansiële plan. Tog kry dit die minste aandag, want wie wil nou aan doodgaan dink?
Laer pryse vir voergraan swaard met twee snykante • Vir intensiewe beesboere is die daling in voergraanpryse ’n welkome hupstoot ná ’n donker prystyd, maar graanboere se somme klop nie.
SA kosreus bly goeie belegging • In ’n land waar voedselsekerheid toenemend onder druk is en werkloosheid rekordhoogtes bereik, bly een maatskappy standvastig in die Suid-Afrikaanse kleinhandel. As ’n mens sy syfers onder die vergrootglas plaas, is goeie bestuur opmerklik, en beskuldigings van hoë winsmarges moet versigtig gemaak word.
Trek met vee ‘sal kleinboere help’
Kollig val op gewasse wat maklik geïgnoreer word
Ekostelsels in die Richtersveld besig om in duie te stort
Invoertarief één van verskeie maatreëls wat koringkrisis kan afweer • Koringboere beskou ’n tarief op ingevoerde koring as een van die beste teenvoeters vir lae pryse, maar Graan SA wys daarop dat dit net een van verskeie maatreëls is om die bedryf winsgewend te hou.
Koolstof: Landbou kry...