Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Kuier by Media 24 Ltd - Available

Kuier

Nov 20 2025
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Hulle moes hul dogtertjie ure ná geboorte groet, maar nou is hul harte vol – hul tweeling is hier

SUIDOOSTER-STERRE: IMMERGROEN NÁ 10 JAAR • Tien jaar ná hulle eerste Kuier-voorblad saam het Simone Biscombe, Denise Newman, Portia Joel en Jill Levenberg, wat almal van die begin af deel is van die geliefde sepie Suidooster, weer só gemaak vir hierdie uitgawe, en sommer ook bewys dat hulle nog lank nie hul passie en liefde vir hul werk en mekaar verloor het nie

ANONIEME OORTREDERS STEEK PUBLIEK DWARS IN DIE KROP • Ernstige gevalle van geweld en boeliegedrag by skole het die afgelope tyd hewige debat ontketen oor die regte van minderjarige misdadigers en hul slagoffers. Wanneer, en hoekom, moet minderjarige misdadigers se identiteit beskerm word, veral in gevalle waar hulle gruweldade gepleeg het?

LANDUIT OOR BENDES • Haar dapper stryd teen bendes en misdaad het haar amper haar eie lewe gekos – nou kerf sy 'n lewe oorsee uit en hoop vir 'n toekoms saam met haar familie

‘NOU BEGIN DIE WERK!’ • Die pasgekroonde Mej. SA Qhawekazi Mazaleni is oorgehaal om geletterheid oor die land heen te verbeter

‘DIE DAG TOE GOD MY 'N NUWE IDENTITEIT GEE’ • Daar was hoofstukke in haar lewe wat sy nie kon verstaan nie, oomblikke wat sy eerder sou wou oorslaan en seisoene wat haar geloof getoets het. Maar deur dit alles het God se genade gebly

VLAMDRAER NA VATIKAAN • Dié sinkhuisie-kind met al haar vakbond-, aktivis- en behuisingskennis, eindig toe op voor die wêreldverhoog van Pous Leo XIV – alles vir geregtigheid

BISHOP LAVIS SE TROTS • Hy is die sterspeler wat Bafana Bafana vir die eerste keer in meer as 20 jaar vir die Sokkerwêreldbeker laat kwalifiseer het. Ons het gaan inloer by Oswin Appollis se hartsmense

LAEKOOLHIDRAAT LEKKERTE! • November is Diabetesbewustheidsmaand. In die Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes is daar meer as 100 laekoolhidraatresepte vir diabete wat die hele gesin kan geniet. Dis boonop 100% gluten- en suikervry. Dié lekkerny-resepte is heerlik – sonder daai skuldgevoel

VIR DIE KERSKOUS • Almal het vanjaar die belt stywer getrek, maar tog wil 'n mens soms net jou hartsmense met iets kleins bederf. Hier is 'n paar geskenkidees – als vir R350 of minder – wat jou geliefdes se harte sal steel

RAAK KREATIEF IN DIE KOMBUIS • Die kombuis is 'n huis se hart, sê hulle. Maar hoe prakties en funksioneel is dié ruimte waar jy kook en bak en kosblikke inpak? Kyk 'n bietjie hoe jy in jou kombuis beweeg en herbedink pakplek met dié ses slim planne

PAMPERLANG JOU VOETE • Ons voete verduur baie en verdien om bederf te word. Hier's 'n paar slim wenke om jou voete sag en gereed te kry vir die somer

VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

TOETS JOU GESONDHEID • Voltooi dié vraelys om te kyk hoe jy vaar – fisiek en emosioneel – en wat jy kan doen om jou gesondheid te verbeter

PAK JOU TASSIE • Wanneer laas het jy gekyk wat in jou noodhulptassie aangaan? Besit jy hoegenaamd een? Hier is 'n lys van die belangrikste items wat in 'n noodhulptassie moet wees

‘ONS FLOREER NÁ ONS EGSKEIDINGS’ • Egskeidings is al vergelyk met die dood weens die sielkundige en emosionele impak van die verlies. Maar wat as jy diep verlig uit daai skeihof stap en floreer? Ons gesels met twee vroue wat...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans