Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Weg! Platteland by Media 24 Ltd - Available

Weg! Platteland

Summer 2025/2026
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Platteland sonder grense

Weg! Platteland

Vertel ons

Nuus & dagboek • Saam met langer dae en vakansietyd bring die nuwe seisoen ook ’n stampvol kalender. Proe die wêreld se lekkerste wors, kom pluk jou eie sonneblomme, en beplan jou sloertoer om soveel as moontlik somerfeeste in te ryg.

TEKEN NOU IN en betaal R84 per tydskrif

Ons gaan dorp toe! • Vir dié vuurwarm vakansiekopies is ons al die pad na Albertinia, Alice, Cradock, De Rust, De Wildt, Dundee, Gqeberha, Hillcrest, Johannesburg, Kaapstad, Knysna, Montagu, Oudtshoorn, Stellenbosch, Wellington en Wolmaransstad!

Tydvir boekevat • In ’n era waar die aandag-ekonomie die septer swaai, rol mense blykbaar veel meer op hulle foonskerms as wat hulle lees. Maar vir almal wat dié somervakansie diepte soek, bly ’n boek bobaas. Hier is 8 van Platteland se gunstelinge wat die afgelope ruk verskyn het.

Wanneer twee wêrelde bots • Antjie Krog se“laaste boek” is deels outobiografie, deels reportage, deels fiksie, waar die hooftema aan die hand van veelstemmige en veelsoortige narratiewe uitgebou word – ’n aaneengestrengelde gesprek tussen twee persoonlik toegeneë maar ideologies teenstrydige wesens met ’n gedeelde liefde vir die Vrystaat, skryf Johann Kriegler.

Stilbaai laat waai! • Die snelgroeiende kusdorp Stilbaai – party noem dit ’n kruising tussen ’n Mediterreense vissersgehug en ’n rustige branderryersparadys – word by die dag woeliger. Tog bly dit die perfekte woon-en-werk-, vakansie-of aftreeplek vir almal wat smag na ’n rustiger lewe op die platteland.

Ontmoet die mense

Saterdag is markdag! • Saterdagoggende sak Stilbaaiers en besoekers toe op die jolige Brugmark waar enigiets van klere en koffie tot plante en die kontrei se beste tuisgemaakte produkte te koop is.

Eet, drink, wees plesierig!

‘Hier boer ons met klippe’ (en stilte) • In die Groot Niks noord van Laingsburg lê die Bloukrans-kleinbewarea met drie eiesoortige selfsorghuise – een van klip, een van modder en een van sink – waar ’n mens vir ’n wyle van die moderne wêreld en sy moleste kan vergeet.

Inskrywings vir ‘Weg’ se Stapfees 2026 begin nou! • Stappers kan hulle voete begin Vaseline smeer, want volgende jaar is daar ’n Weg-Stapfees in die Kaap én in Gauteng, en inskrywings open binnekort. Die Kaapse Stapfees word van 20 tot 22 Februarie 2026 by Meerendal buite Durbanville gehou, en van 29 tot 31 Mei is dit Gautengers se beurt by De Wildt, ’n halfuur se ry buite Pretoria.

Die hoewe klap in die Hardap! • Rehoboth, naaswenner van Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie, is bekend vir sy groot kameelbome, lekker roosterkoeke en mooi vroue. En, natuurlik, sy perde. Piet van Rooyen het gaan inloer by die 2025 Rehoboth Winter Cup waar byna 100 perde sake uitgespook het in altesame 19 resiese.

Boom van baie stories… • Min of meer in die middel van die Vrystaat, 17 km oos van Ventersburg, staan ’n peperboom wat sekerlik onder die wêreld se grootstes tel. Dis ’n boom wat al die getuie was van tragiese gebeurtenisse, maar ook ’n boom van vreugde en vertroosting.

MACADAMIAS Plant ’n erfenis • Met ’n nuwe benadering tot landbou en die manier hoe stamgrond gebruik kan word, is twee ontluikende boere besig om verandering in landelike gemeenskappe teweeg te bring… én hoop te bied. Hulle voertuig? Macadamianeute.

Slaai en forel uit die...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans