Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Sy's kaas se baas! Dié wêreldbekroonde kaasmaker laat die monde water en die titels inrol
Kay IS IN HAAR ELEMENT • Die aktrise is terug op die kassie in Skemergrond, en sy vertel van die mense, rolle en passies wat haar tot hier geslyp het
JUNIOR KING: ‘MY BOETA HET DIE HELE WÊRELD VIR MY GEOPEN’ • Die dag toe Junior King sterf, moes sy suster vier pynlike ure lank wonder of sy die sosiale mediaplasings oor sy dood moes glo – tot dié verskriklike nuus bevestig is. Sy deel hier haar herinneringe en drome oor sy nalatenskap
STYGENDE LEWENSKOSTES, KRIMPENDE BEURSIES • Jy kan deesdae skaars die trollie kwartvol pak voor jou beursie leegloop. Pensioenarisse wat jare lank miljoene rande se belasting betaal, trek dikwels aan die kortste ent wanneer kos- en petrolpryse styg. Kuier het gaan inloer by een wat die pot aan die kook moet hou met maatskaplike toelae
AS GESOND LEEF TOXIC RAAK • Wat begin het as 'n onskuldige belangstelling op sosiale media in kos en fiksheid, het vinnig in 'n eetversteuring ontaard wat die 15-jarige Carli van Aswegen se lewe in 'n nagmerrie verander het
‘MY GROOT VERLIES HET MY HEELTEMAL HERBEDRAAD’ • Een dag op 'n slag, en met haar geloof en familie se ondersteuning, tel dié ‘mamma-soldaat’ haarself daagliks op ter ere van haar twee engele
BABAS VANG IS HAAR PASSIE • Saam met haar man, ook haar sakevennoot, bestuur dié vroedvrou 'n kraamsorgsentrum waar mammas in die gemak van 'n kalm huislike atmosfeer die lewe kan skenk
ONDERWYS IS SY PASSIE, SKRYF SY UITLAATKLEP • Die Life is 'n Biets-skrywer Faeed Amardien maak oop oor sy grootwordjare en die inspirasie agter sy debuutbundel
DIE SINGENDE PARAMEDIKUS • Die gospelsangeres Ronelle Joseph is ook 'n paramedikus en sy pak albei roepings met ewe veel passie aan
BYRHANDRÉ, 'N BOK MET GROOT DROME • Dié rugby-raakvatter vertel van haar grootwordjare, en hoe haar liefde en passie vir rugby haar van op teerpaaie speel gelei het na wêreldklas-stadions
SNACK GESOND • Werkstres laat ons maklik in die strik trap van ongesonde peuselkos. Hier is lekker resepte vir voedsame happies agter die lessenaar
TERUG WERK TOE! • Haal die kopseer uit sukkel om looks vir werk aanmekaar te sit. Hier is vier maniere om skirts in jou werkdag te werk – én ons gee alternatiewe as jy eerder 'n broek wil dra
VELSORG VIR BEGINNERS • Dié produkte sal help om 'n jong vel skoon en gesond te hou
HULP MET HIGIËNE • Hier's die topkeuses om jou jong tiener se vel skoon, kalm en gebalanseerd te hou.
VRA VIR ANTIE VAL Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad • Dis 'n nuwe akademiese jaar. Antie Val gee raad oor hoe om 2026 jou beste skool- of universiteitsjaar te maak
BEREIK JOU LEEFSTYL DOELWIT • 'n Nuwe, gesonde leefstyl kan binne enkele weke gevestig word as jy 'n paar algemene uitdagings vermy
HOU JOU HUWELIK OP KOERS • Aftrede kan dikwels spanning tussen jou en jou lewensmaat veroorsaak. Só kan julle dié nuwe normaal saam aanpak
SAAM AFGETREE NÁ DEKADES SE WERK
SÓ KAN JY BETER GELD SPAAR • Dis vir die meeste van ons moeilik om te spaar, maar as jy met 'n plan werk, is jou kanse op sukses net soveel beter. Hier is 'n paar spaarplanne wat jy kan beproef
WERKSOEK: IS JOU KOP REG AANGESKROEF? •...