Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Nov 27 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

Koofstofvaslegging word lui verskoning, waarsku wetenskaplikes

Wenner

Verloorder

Van nederige begin tot uitvoerende hoof Vasbyter-pluimveeman vereer • Chris Schutte se loopbaan in die hoenderbedryf het nederig met die optel van eiers begin en met ’n 16 jaar lange termyn as uitvoerende hoof van die pluimveemaatskappy Astral Foods geëindig. Hy het onlangs as een van Suid-Afrika se invloedrykste sakelui erkenning gekry.

Nóú bly steeds die beste tyd

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Michael Bradfield sou instemmend knik

BKS by Sparta Beef: Kersfees-vleis kan duur wees • Terwyl ’n saak van bedrog aanhangig gemaak is nadat bek-en-klouseer vroeg in November in die Wes-Kaap uitgebreek het, word die daaropvolgende uitbreking van dié siekte by Sparta Beef ondersoek – die tweede groot voerkraalgroep wat vanjaar die slagoffer van ongereguleerde verskuiwings is.

RMIS, MPO werk saam om entstof vinniger in SA te kry

Slenkdalkoors-uitbreking in Noord-Kaap bevestig

Rand is sterker, maar politiek kan mat onder dit uitpluk • Vanjaar se sterker vertoning van die rand teenoor die Amerikaanse dollar is grootliks te danke aan die swakker dollar. Tog is daar tekens dat die rand langer sterk kan bly, of ten minste bestendiger, wat goeie nuus vir beplanning is.

Sterker wisselkoers se voordele vir voerprys word teengewerk • Die versterking van die rand sedert April vanjaar het ’n mate van kosteverligting vir voervervaardigers teweeggebring, maar verskeie ander faktore werk hierdie voordeel teen.

Só kan steenkoolkrag met klimaatteikens én besparing help • As Suid-Afrika sy steenkoolaanlegte slimmer en buigsamer bedryf, kan dit die land help om klimaatmikpunte te haal, koste te beperk en terselfdertyd die stelsel se betroubaarheid te beskerm, het dr. Grové Steyn, stigter en besturende direkteur van Meridian Economics, tydens ’n onlangse webinaar van EE Business Intelligence gesê.

Afrika-handel deurslaggewend vir SA landbou • Afrika is van kritieke belang vir Suid-Afrika se landbou-uitvoer deurdat sowat die helfte van sy totale uitvoer in 2024 na die res van die vasteland was. Suid-Afrika se wêreldwye uitvoer het verlede jaar $13,7 miljard (R237 miljard) beloop.

Verligting vir sitrus, makadamias en vrugtesap bestem vir Amerika

Laer inflasiekoers ‘sal ekonomiese dissipline verbeter’

Saaiboere skud vere reg ná nat mid-November • Groot dele van Suid-Afrika se somerreënvalgebiede het middel-November neerslae gekry wat na aan die helfte van hul langtermyngemiddelde is. Hoewel boere byna altyd dankbaar vir reën is, wys een produsent daarop dat die verliese wat ’n mens in ’n uitsonderlike nat seisoen kan ly, soms erger as in ’n droogtejaar is.

Sterk tekens vir goeie somerreën tot Januarie • Die stand van die vier belangrikste Niño-gebiede, asook die baie sterk ongunstige fase wat die Indiese Oseaan-dipool bereik het, dui op baie gunstige toestande vir somerreën tot ongeveer Januarie.

Begin en bedryf onderneming só • Om ’n mens se eie onderneming te begin, dit reg te bestuur en aan alle wetlike vereistes te voldoen, is makliker gesê as gedaan. Hier is raad om slaggate te vermy sodat jy uiteindelik sukses kan behaal.

Aanpassings nodig in beleërde beesbedryf • Die verliese in die beesvleisbedryf bly opstapel, met uitvoer alleen wat vanjaar sowat R1,5 miljard gebloei het. ’n Ander bemarkingstruktuur is...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans