Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Dec 11 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

Laer koringtarief kom, maar...

Wenner

Verloorder

Omgewingsminister wil balans tussen bewaring en ekonomie vind • Die oënskynlike moddergooiery tussen dr. Dion George en John Steenhuisen nadat eersgenoemde nie ’n kabinetskuif wou aanvaar nie, het die aanstelling van Willie Aucamp oordonder. Sy aanstelling word egter uit talle oorde verwelkom, en dit lyk of hy reeds in voeling met die wildbedryf is.

Oor siektes en kaal keisers

Briewe

Speelse advertensie wys ‘Landbouweekblad’ boer saam • Die liefde blom op ons werf met Landbouweekblad se splinternuwe advertensie. Of jy nou geïnteresseerd is in boer of selfs in koer, sal die Ons boer saam-veldtog jou breed laat glimlag.

DG sit veer in minister se hoed

‘Nét streng bewegingsbeheer kan inenting laat werk’ • Inenting teen bek-en-klouseer alleenlik gaan nie die wa deur die drif trek om die siekte onder beheer te bring nie. Beheer oor die verskuiwing van diere is noodsaaklik, sê die staatsveearts onder wie se leiding ’n uitbreking in KwaZulu-Natal in 2000 binne drie maande onder beheer gebring is.

2000 se sukses: ‘Harde werk, min slaap en gróót logistieke beplanning’ • ‘Dit is nie moeilik nie, maar dis harde werk,’ sê oudkol. Francois Schreuder oor die tye toe hy in 2000 en 2004 gesamentlike bedryfsentrums gelei het om bek-en-klouseer suksesvol en vinnig in KwaZulu-Natal en Limpopo vas te vat.

‘Dis ’n 180 °-ommeswaai’ • Die strategie oor hoe Suid-Afrika se inentingsveldtog toegepas gaan word, word tans met dringendheid saamgestel, sê die rooivleisbedryfsdienste (RMIS).

Die stryd kán gewen word – Karan-veearts • Die aankondiging dat bek-en-klouseer met nasionale inenting beveg gaan word, is heuglike nuus vir dr. Dirk Verwoerd, hoofveearts van Karan Beef se voerkrale. Die enkel grootste behoefte is genoeg entstowwe, sê hy.

Dié drie dinge skort met inentingsveldtog – Ruvasa

‘Landbou verenig ons in SA’ • Mede-jongboere oor die land heen, met wie hy oor die afgelope paar maande kontak gehad het, gee hom hoop vir die toekoms, sê Francois Rossouw, AgriSA en Toyota SA se Jongboer van die Jaar vir 2025.

Tafeldruifboerdery sny Eskom-punte van 20 tot 1 • Jare lange beplanning deur die Mooigezicht-landgoed by De Doorns in die Hexriviervallei het gelei tot ’n sonkragaanleg waarmee voortaan krag aan vyf van sy tien plaaseenhede verskaf sal word.

Landbou pypkan steeds SA se probleme • Vir die landbousektor was 2024 ’n jaar van goeie inkomste, stygende uitgawes en rekordkapitaalbesteding. Dít is in ’n neutedop die slotsom waartoe Statistieke Suid-Afrika in die jongste landbou-opname gekom het.

Koringbedryf by kritieke draaipunt — Graan SA • Graan SA waarsku dat die Suid-Afrikaanse koringbedryf ’n kritieke draaipunt bereik het te midde van stygende insetkoste, lae internasionale pryse en ’n tariefstelsel wat volgens hom nie tred hou met die werklikhede van die mark nie.

Wet 36-proses gedigitaliseer: ‘Departement hét ’n plan’

Kaapse Dokter beduiwel al weer sagtevrugte-uitvoer • Altesaam 193 uur se weerverwante vertragings het in November by die vragterminaal in die Kaapstad-hawe voorgekom, waarvan meer as die helfte in week 45 (3 tot 9 November) was. Dit het daartoe bygedra dat sowat 80% minder tafeldruiwe as verlede seisoen tot dusver vanjaar uitgevoer is.

Minder reën later in seisoen?

Stryd teen klimaatsverandering dalk nie genoeg om koffie, sjokolade en wyn te...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans