Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
UIT DIE BOSKANTOOR
Weg!
BY DIE GRENS
HOE OM DIE GIDS TE GEBRUIK
KYK HIER
Die laaste oogknip • As jy gelukkig is, gaan jy net een keer in jou lewe ’n trop wildehonde sien jag. Maria Stallmann onthou die opwinding van so ’n jagtog in die Okavangodelta.
NOORDELIKE BOTSWANA
SUIDELIKE BOTSWANA
Mik na Maun • Hierdie roete lei jou deur die sentrale deel van Botswana verby die dorpe Palapye, Serowe, Letlhakane, Mopipi en Rakops tot op Maun. Dis geskik vir 4x2voertuie en ’n rustige bekendstelling aan die platteland van Botswana voordat dinge verder noord régtig wild begin raak.
Stadig, seblief • Of dit nou ’n bakoortjie of ’n troupant is, dis altyd hartseer om ’n dooie dier in die pad te sien. Die Australies gebore dr. Tempe Adams het ’n nuwe projek van stapel gestuur waarin sy die data van padsterftes onder diere gebruik om paaie vir motoriste en wildlewe veiliger te maak.
Stilte, stof én lewe • Die Makgadikgadipanne- nasionale park se stowwerige landskap en oneindige hemelruim bied eiesoortige fotogeleenthede. Jacques Marais het vroeër vanjaar vir vyf dae op olifantvoetpaadjies sy bergfiets van Maun af na die panne getrap.
BLYPLEKKE • As jy vakansie in Botswana wil hou, gaan jy vér ry en ’n goeie plek om te oornag is noodsaaklik ná ’n lang dag op die pad. Ons joernaliste beveel hierdie plekke in Botswana en langs sy grense aan. Tensy anders vermeld, is die tariewe in hierdie gids vir 2026 – gebruik dit as ’n riglyn, en bel of e-pos altyd die blyplek vooraf om seker te maak hoeveel dit gaan kos.
SUID-BOTSWANA
SENTRAAL-BOTSWANA
NOORD-BOTSWANA
Senyati Safari Camp
Verspreide donderbuie, met diere later • Die lang, dun vinger van die Caprivistrook – deesdae die amptelike Namibiese streke van Kavango-Oos en Zambesi – bly een van die beste waarde-vir-geld gebiede wat jy maklik aan ’n Botswana-reisplan kan las. In die somer is dit vrékwarm hier, maar jou ervaring is volkleur en baldadig.
NAMIBIË
ZIMBABWE
56 goeie redes vir ’n Zim-vakansie! • Enige ernstige voëlkyker sal vir jou vertel dat Zimbabwe ’n paradys is vir geveerdes wat andersins skaars is suid van die Limpoporivier. Ansuri Welman van Pretoria het ’n jare lange droom bewaarheid toe sy in die Gonarezhou- nasionale park en die Oostelike Hooglande getoer het – en met 56 nuwe spesies vir haar lewenslysie teruggekeer het.
ZIMBABWE
ZAMBIË
Twee wilde weke in Zambië • Op hierdie epiese 14 dae lange reisplan sien jy van mooi watervalle tot wildernisgebiede. Soms voel jy soos ’n ware ontdekkingsreisiger. Laat die wiele rol!
Sekoma Island Lodge
BRIEF UIT Zambesirivier • Iewers ver van die huis af kry Toast Coetzer ’n bietjie te veel son langs die Zambesirivier...
ZAMBIË OP SY BESTE