Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
’n Loper tot avontuur
AGTER DIE SKERMS • Die sagteware-ontwikkelaar Francois Raubenheimer skryf in vandeesmaand se Reisjoernaal (sien bl. 118) oor sy rugsakreis-avonture in die Andesgebergte.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na 🖰 redakteur@weg.co.za
KORTLIKS
IN DIE VOETSPORE VAN DIE EERSTE CAMINOPELGRIM • Met feitlik ’n halfmiljoen pelgrims wat elke jaar die bekende Camino de Santiago stap, is veral die roete van Sarria af tans baie woelig. Gerda Engelbrecht het onlangs die meer afgeleë Camino Primitivo, wat oor ’n bergagtige streek van Oviedo af strek, afgelê vir ’n Weg-videoreeks wat deur Outdoor Warehouse geborg is.
BOEKE • Die Weg-spanlede deel hulle keuses vir Kersgeskenke dié jaar.
Die geskenk van water • Vir miljoene mense is Kersfees ’n tyd van samesyn met familie, lekker kos en geskenke. Vir Anelia Heese is dit ook ’n tyd om te dink oor die geskenk van water.
Waar die branders antwoord gee • Dit maak nie saak waar langs die kus jy vakansie hou nie, in seisoentyd is dit óral besig. Die strande krioel van mense, sambrele en koelbokse. By dié agt blyplekke tussen Witsand en Gouritsmond kan jy bedags op die strand met ander vakansiegangers baljaar en laatmiddag in stilte ’n vuurtjie opsteek.
Stap, roei, rus • Wil jy jou vriende of kinders bekend stel aan die vreugde (en avontuur) van ’n veeldagstaptog? Op die Skeepswrakroete van Port Alfred tot die Groot-Visrivier in die Oos-Kaap hou ’n mens meer vakansie as wat jy voetslaan.
Die groot dae... • Van ’n groot makietie tot ’n rustige aand onder die sterre... Elke gesin het sy eie manier om die gróót dae – Oukersaand, Kersdag, Oujaarsaand, Nuwejaarsdag en Welwillendheidsdag – te vier.
MENSE SE LENSE • Vat ’n kans! Stuur jou beste wildlewe-, landskap- of makrofoto’s na Toast Coetzer by 🖰 menseselense@weg.co.za en dalk verskyn een in die tydskrif!
’n Wêreld onder water
Goud in die mond • Vier die soet in die lewe met dié feestelike heuningresepte!
’n Fees van geskenke • Wonder jy watse presente om vir jou geliefdes (of vir jouself!) aan te skaf? Die Weg-span het ’n antwoord vir elke Kerskous.
Die Mahendra Dhoni van die motorwêreld • Dis nie net ’n rits nuwe Chinese sportnutsmotors wat die gevestigde ou garde hoofpyne berokken nie, maar ook impakspelers uit Indië, soos die Mahindra XUV700.
STAP SAAM • FISH EAGLE-ROETE, PORT EDWARD
Vissers van mense • Waenhuiskrans. Arniston, Kassiesbaai. Dit maak nie saak wat jy dié prentjiemooi kusdorpie met sy turkoois water noem nie, hier is vir elkeen ’n plekkie op die strand.
MET MY EIE OË • Die Krugerwildtuin bied altyd goeie wildkykgeleenthede, maar dié toneel het Renier van Zijl van Centurion se Canon-kamera behoorlik laat werk!
’n Perd van ’n ander kleur • Sebras kom slegs in Afrika voor. En hoewel daar báie van hulle is, het ons net drie soorte. In Suid-Afrika is daar twee van die drie soorte: die bergsebra en die vlaktesebra. Kom ons bekyk hulle van nader.
VIR DIE VOËLS
Die ánderste...