Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Weg! by Media 24 Ltd - Available

Weg!

Oct/Nov 2025
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Skakel af

AGTER DIE SKERMS • Weg-lesers sal Hancu Louw herken as gereelde fotomodel in sy vrou, die joernalis Mia Louw, se stories. Vir hierdie uitgawe gesels Hancu, ook ’n joernalis, met dr. Tim Forssman, ’n argeoloog wat besig is met belangrike opgrawingswerk in die Krugerwildtuin. Lees die storie op bl. 28.

Weg!

BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.

V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na

KYK HIER!

Sit dit af • Wanneer laas het jy wérklike stilte en wáre donkerte ervaar? Dis iets wat aan die uitsterf is, reken Toast Coetzer.

KORTLIKS

BOEKE EN MUSIEK

David Williams • Op die Spoorweg: Die Storie van Ons Treine stof ons plaaslike spoorerfenis af, van stoom- en diesel- tot elektriese treine.

As die geskiedenis aan’t skerwe spat • In die noorde van die Krugerwildtuin lê klein artefakte wat besig is om ons begrip van handelsgeskiedenis in Suider-Afrika te verander. Ontmoet dr. Tim Forssman wat stem gee aan dié skerwe.

Kyk noord en ry voort! • Goed, jy was al in die Kruger, Etosha, die Okavangodelta en al die ander groot wildernisgebiede in Suider-Afrika. Nou is dit tyd om nóg verder noord te mik, na Zambië en Malawi, op paaie met min ander spore...

Leer ken Sneeuberg se binneste • Kom kuier op ’n plaas in die Sneeuberg, een van die Karoo se mees aanskoulikste streke en ’n deel van die land waarvan jy waarskynlik nog nooit gehoor het nie.

Net jy en die veld • Wil jy die Krugerwildtuin régtig leer ken, van bo tot onder? Kom stap The Kruger Trail – dié legendariese roete strek oor 6 skofte en 650 km van Crook’s Corner tot by Malelane. Toast Coetzer het vir ses dae iewers in die veld tussen die Olifants- en Satara-ruskamp verdwyn.

MENSE SE LENSE • Wou jy nog altyd jou foto in Weg sien? Hier’s jou kans! Stuur jou mooiste skote na Toast Coetzer by 🖰 menseselense@weg.co.za.

Deur die oë van ’n kind

Groen en rooi (s)maak mooi! • Basilie en tamatie is goeie pasmaats en sorg altyd vir ’n heerlike geurkombinasie...

BLY HIER INJISUTHI-KAMPTERREIN, DRAKENSBERG

Die toekoms wink • Met die bekendstelling van twee groot sportnutsvoertuie wat elk meer as ’n miljoen rand kos, kyk Hyundai en Kia nie in die truspieël na die menigte begrotingsvriendelike Chinese voertuie wat in hulle nekke blaas nie. In plaas daarvan het die Koreane luukse Duitse handelsmerke in hulle visier...

DOEN DIT • Swem saam met haaie en goldies

Grondpad hemel toe • Dit maak nie saak uit watter rigting jy kom nie, jy gaan grondpad ry tot op die dorpie Rhodes, wat knus teen die Drakensberg se enkels lê. Maar ongeag hoe baie kronkels jy op pad moet trotseer, hiér gaan jy rus vind.

MET MY EIE OË • Ard van de Wetering, sy vrou, Marissa, en hulle vier kinders van Pretoria het in Julie 2018 in die Krugerwildtuin vakansie gehou toe hulle dié ongewone stryd aanskou.

Ek kýk vir jou! • Daar is sowat 200 soorte verkleurmannetjies in die wêreld. Party is so groot soos ’n kat, ander weer so klein soos jou duim! In Suid-Afrika is 22 soorte waarvan 2 gewone verkleurmanne en die res...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans