Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for SARIE KOS by Media 24 Ltd - Available

SARIE KOS

Oct - Dec 2025
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

SARIE KOS

SARIE KOS

Dis heerlike lente, die winter’s verby, weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my • lui die bekende liedjie uit ons kinderdae. Maar net soos lente sy belofte van warm dae bring, kan ons saam met die nuwe seisoen uitsien na luilekker feesdae en die somerson wat net om die hoek vir ons wag!

ONS WÊRELD • PRODUKTE | NUWE BESTANDDELE | ERVARINGS | GESONDHEID | BOEKE

SON & SEE • Vanjaar vier kykNET die tiende seisoen van Kokkedoor met ’n nuwe weergawe: Son & See. Met ons eie Herman Lensing en Yolani Abrahams, SARIE Voorbladgesig 2017, aan die stuur. Hulle bederf ons met ’n somerspyskaart en wys vakansiemodes so reg vir die feestyd

SY BROOD & BOTTER • Welkom by die liplekker wêreld van botter – waar goue eenvoud hande vat met ambagskuns. ’n Familie-ikoon wat sê: Smeer maar nog ’n bietjie!

Wonderkind! • Tussen skoolwerk en tienerwees deur bak hy verjaardagkoeke vir bekendes soos Portchie en Minki van der Westhuizen. Op 15 besit Jaidan Reyneke sy eie tuisbakkery en bied viergang-kookaande aan. En nou met ’n Michelinsterinternskap en resepteboek in die visier, staan groot deure reeds vir hom oop

JY SÊ TRIFLE, ONS SÊ KOEKSTRUIF Opgetert! • Retro-kos is weer hoogmode. Nostalgiese geregte herleef en ons verlang na ons oumas se kos. Nou wie kan nee sê vir ’n yskastert, daai lekkerte uit die 1970’s wat ons almal ken. Ons raak spoggerig en maak van ’n paar van die einste terte trifle, reg vir die feestafel

KLITS EN rol • Met net eiers, suiker en meel word iets fabelagtigs gebak. Dié soetigheid is so oud soos die berge en die trifle-ikoon kry nou sy oomblik as die ware ster op die teetafel

E-pos uit WINDHOEK, NAMIBIË • Ná ’n langafstandliefde van ’n jaar het die oud-Pretorianer Marlize Horn Namibië haar nuwe tuiste gemaak en woon sy al byna drie dekades gelukkig daar. Die ‘Groot Plek’ is ’n land van see, woestyn, grasvlaktes en bosveld . . . ook van Afrikaans, apfelstrudel en potjiekos

STOUT VIR ’N BOUD • Boudvleis bly die kroonsnit op elke tafel. Sag, sappig en vol geur. Kom proe saam en geniet die lekker, dis mos feestyd en ons hang uit!

KOEKIES WORD KOEK • Daar is nou maar net iets aan daardie boks gemengde koekies waarvan almal so hou – elkeen van ons het ’n gunsteling. Ek neem inspirasie uit 5 klassieke koekies en maak van hulle koek!

EET VIR 4 TEEN • Laat die seisoen se vars geure en ligte kosse jou weeksdagtafel kroon – dis maklike en vinnige kos met net ’n handvol bestanddele

PITTIG LEKKER • Met sy pers skil verras die binnekant jou met goudgeel lekkerte. Die grenadella, ook soms passievrug genoem, is ewe uniek in geur en voorkoms. En ja, hoe meer verrimpel die skil, hoe soeter die vrug!

10 GRENADELLA-DINGE PASSIE IN ’N DOP • Die pers, soetsuur juweeltjie uit die natuur is soveel meer as net ’n tropiese geur om in jou jogurt te geniet. Ons deel graag ’n paar pittige feite oor die grenadella

SONSKYN, BLOEISELS EN NUWE LEWE

Huiskos WORD SJEFSKOS • Vra jy sjefs waar hul liefde vir kook vandaan kom, hoor jy gou my ouma se kombuis of my ma se potte. Alles begin by huiskos. Hoe vernuwe jy dit? Wat is daardie fyn Iyn tussen nostalgie en modern? Hierdie einste opdrag is wat 6 studente van die ICA (Institute of Culinary Arts) op Stellenbosch gekry het. Herman kook tradisioneel, hulle moes dit vernuwe en wys hoe bekende geregte ’n nuwe voorkoms kry maar steeds die DNS van tradisie...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans