SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.
EERSTE SÊ
NATANIËL SÊ
ons wêreld
JULLE SÊ
OM OOR TE BEGI N . . . Rachel Tatjana • . . . opnuut balans te vind, jouself te herdefinieer en heel anderkant uit te kom. Vir Olimpiese swemmer Tatjana Smith, ná 22 jaar op ’n ander koers, en Rachel Kolisi, wat ’n nuwe lewe aandurf as enkelma ná agt jaar se getroude lewe, is dit dae van sonskyn en twyfel, van ‘wat as’ en ‘ek kan dit doen’. Maar hulle is vriendinne, mentors vir mekaar . . . en skoonsusters. En dís goud werd
DROOM & DÓÉN 2026 • Kry dit reg in Januarie en jou nuwe jaar het ’n groter kans op sukses. Dis om daardie goeie voornemens vir jou te laat wérk, in aksie om te sit. So doen húlle dit
TUSSEN NIKS EN NÊRENS ROCK FRANK STEEDS • Hy’s volksbesit. Onse Ouboet speel karakters wat diep spore laat – van ’n mechanic in ’n rooi sweetpak tot ’n dominee en sy klaagliedere, ’n begrafnisondernemer wat die lewendes wil mooimaak en ’n Noord-Kaapse boer tussen niks en Nêrens. Maar vra jy vir Frank Opperman wat hom die gelukkigste maak, is sy antwoord eenvoudig: Die verhoog, sy kitaar en ’n band wat rock n roll
50 EMMA, BART, FELICITY & INGE • Húlle was ons lieflinge. Van die eerste sterre in die gewilde 7de Laan – ’n soort brat pack. Onlangs het Bertha, Neil, Melanie en Antoinette vyftig geword. Hier vertel hulle van Die Laan en die pad wat hul lewe daarna geloop het
Van Kuilsrivier tot LOS ANGELES • As kind was sy Donderdagaande vasgenael voor dramareekse soos Ballade vir ’n enkeling en Agter elke man. Altyd ’n go-getter, vasbeslote om deel van die wêreld van flieks te wees. Nou is Ilda Diffley die vrou agter een van Netflix se groot treffers van 2025
DIE NUWE PAMELA MINDER MASKARA, MEER MOJO • Eens ’n Playboy-sekssimbool en Baywatch-poppie, het sy op die harde manier gegroei tot ’n merkwaardige individu met wie gewone vroue nou identifiseer. Pamela Anderson se lewensverhaal is vol draaipunte, maar met ’n duidelike boodskap van selfaanvaarding
VERFRIS JOU styl • Hier is ’n somer vol moethêitems en slim stileer-idees vir ’n vars modevoorkoms in 2026
mode dinge
Ons wenner! Tanja Dercksen
JOU haar RAAISELS OPGELOS • Dis ’n nuwe jaar en jy verdien om elke dag ’n goeie haredag te hê! Ons beantwoord die grootste vrae oor hare versorg en stileer
LANGER jonger • Die nuutste nuus, produkte en wenke om onnodige tekens van tyd te takel
bederfprodukte Luuks
mooi dinge
KRUIE PARFUUM VIR KOS • Kruie is die oudste manier om kos geur te gee – ’n skatkis vol aromas wat brood tot ertjies in iets besonders omskep. Dis die seisoen van alles wat lekker ruik, so kom ons vier kruie in al die eenvoudige, wonderlike vorme
kos dinge
SINKHUISIE BY DIE SEE • Die visie vir hierdie bekoorlike mikrohuis was om die natuur so min as moontlik te versteur. Die skoon lyne smelt naatloos in by die omgewing, met die interieurontwerp en kleurpalet wat die berg en see herhaal
woon dinge
NADINE BLOM VLAMKOP-BRUGBOUER • As jong prokureur het Nadine Blom, bekend as sangeres, besef sy sal nog baie moet groei voordat sy haar droom sou kon bewaarheid om advokaat te word. Toe sy uiteindelik verlede jaar in die hooggeregshof toegelaat is as advokaat, het sy bewend geweet op daardie oomblik staan sy...