Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.
Welkom
FLENTERNUUS EN KNIPSELS
BRIEWE
Ridderspore vir somer lange kleur • As jy iets statigs en kleurryk in jou somertuin wil hê, kan jy nie ’n fout maak as jy ridderspore kies nie. Hierdie meerjariges pronk met hul lang stingels bo kleiner eenjariges uit met gewoonlik blou, pers, pienk of wit blomme, wat lank in die tuin sal hou en uitstekende snyblomme maak.
Lente GENOT • ‘n Grasieuse plaashuis in Kloof, KwaZulu-Natal, is die toonbeeld van aanpasbaarheid en innoverende tuinmaak.
Tuinwerk-BANK • ‘n Tuinwerkbank is meer as net ‘n plek om plante te verpot – dit is die tuinier se werkstasie, ‘n plek vir kreatiwiteit, en ‘n praktiese oplossing vir die organisering van handgereedskap en voorrade. Ywerige plantliefhebbers of naweektuiniers geniet ‘n toegewyde ruimte wat tuinmaak doeltreffender, gemakliker en genotvoller maak.
DIE TUINIER SE PÊRELS Boodles Raindance • Betowerend… tuine wat grense verskuif, tuine wat beweeg en naatloos opgestel is, was slegs enkele van die uitsonderlike hoogtepunte wat Chelsea hierdie jaar gebied het. Daar was skouspelagtige hoofskoutuine en kleiner skoutuine wat die systraat versier het, asook die indrukwekkende Karoo-vetplantinstallasie. Ons het ’n paar juwele uitgekies.
GCA TUISWINKEL EN VERBRUIKERS-KEUSE-TOEKENNINGS • Die Garden Centre Association bied die toekennings aan vir hierdie jaar se onafhanklike tuinsentrums en huiswarewinkels met ‘n opwindende nuwe program – die spookkoper.
WAT OM NOU TE PLANT
Skitterende kleur vir Oktober • Bekend vir hul helder blomme en vermoë om bestuiwers soos bye en skoenlappers te lok, floreer salvias en bidens in sonnige kolle en is perfek vir beddings, houers of hangmandjies. Saam bied hulle ‘n spatsel somerkleur met minimale moeite.
Fynbos vir oral • Moderne fynbosvariëteite het geen grense nie en sal in winter-en somerreënvalgebiede gelukkig wees. Plant hulle nou!
Sjiek en gewild
Clematis ‘Ithemba’™ EviGsy157(PBR) • Die storie agter hierdie pragtige nuwe clematis-kultivar is nog mooier as die plant self.
Die bloureën blom • ‘n Ouderwetse plant met verbluffende skoonheid hierdie tyd van die jaar…
Angelonia ‘Guardian Angel’
Protek se volledige sorg vir rose • Rose beloon ons ruim wanneer hulle goed versorg word, maar hulle wys ook vinnig stres wanneer hulle honger en dors is, of deur peste en siektes bedreig word. Met die regte sorgplan kan jy sterk, gesonde roosbosse kweek wat blomme in oorvloed produseer. Hier is ‘n jaarlange gids vir die voeding en beskerming van jou rose.
‘Unique Utopia’
Wees gaaf!
Kannabas
Kweek jou eie kiwivrugte
8 groentetuing geheime vir sukses • As jy inspirasie nodig het oor hoe om ‘n vaal groentetuin reg te ruk, is hierdie artikel vir jou. Hier is agt wenke om die beste uit jou kostuin te haal.
Die geur van NEUTMUSKAAT • Dit is tyd om iets nuuts in die kruietuin te probeer.
Kweek ‘n pynappel in ‘n pot
Saaigids Oktober
Teken in en wen!
DINGE OM IN DIE TUIN TE DOEN
Ruk die grond reg vir plant • ‘n Plant sal self groei solank as dit alles wat nodig is het, en dit beteken om alles in die grond te sit wat die plant nodig het om dit te kan doen.
Pluk suurlemoene vir limonade • Dit kan drie tot vyf jaar neem voordat ‘n suurlemoenboom suurlemoene produseer, maar sodra jy een, of twee, of meer het,...