Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.
Tuis
HALLO
BAK, BAKKER baksteen • ’n Baksteen is mos nou maar ’n doodgewone boublok, nie waar nie? Nie as jy kyk hoeveel trefkrag dit aan dié strukture gee nie...
Modern EN TYDLOOS in ’n ou huis • ’n Weldeurdagte verjongingskuur het dié sestiger gevul met nuwe energie, gerief en elegansie.
HEELTYD speeltyd! • Moderne elegansie vat hande met ouwêreldse sjarme in ’n erfenishuis.
DIE METAMORFOSE van ’n huis • As binneversierder is dié Swartlandse inwoner gedurig aan die mooi maak. Ons kyk na haar veranderinge oor die jare heen.
’n Uitsig wat oorrompel • Dít is wat die koper vereis het – en in oormaat gekry het in ’n glashuis hoog bo die Jakarandastad.
Tant Rose se huisie ’n Eeu later • Met liefde is dié seehuis reggemaak vir die 21ste eeu.
Pasgemaak • Die oorspronklike huis op dié eiendom het nie ’n opknap regverdig nie, toe sloop die eienaars dit en bou ’n splinternuwe kothuis in sy plek.
‘WIT KÁN WERK IN ’n gesinshuis’ • ’n Jong paartjie wys hoe hulle en hul drie kleingoed voluit leef in ’n minimalistiese, gedempte interieur.
AAN DIE waterkant • Almal is welkom by hierdie perfekte kuierplek vir al die seisoene, gebou met een oog op gemak, en die ander op die streng estetiese voorskrifte!
Moderne styl GEANKER IN DIE NATUUR • Die binneontwerpers Mark en Michele Metior se ongekunstelde strandhuis weerspieël die ryk teksture en kleure van die Overberg.
Die platteland roep • Toe hul planne om Europa toe te trek deur die mat val, het dié paartjie uitgewyk na die Swartland en daar vir hulle ’n moderne skuurhuis gebou.
VIND JOU RITME in die bos • Herontdek die helende krag van die natuur in ’n opgeknapte glashuis aan die voet van die Langeberg.
Skep trefkrag MET TEËLS! • Verfraai jou huis met treffende patrone, koel kleure, trendy ontwerpe en slim uitlegte.