Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Oct 30 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

Wenner

‘Daar is lankal te min water vir almal in SA’ • Suid-Afrika ken reeds vir byna 25 jaar ál sy beskikbare vars water ten volle toe, en die land is op pad na ’n ernstige waterskaarste wat die landbousektor swaar gaan tref.

Verloorder

Die gesukkel met bek-en-klouseer

Briewe

Amerikaanse landbou op die rand van die afgrond

‘BKS is nie ’n júlle-probleem nie, dis ’n óns-probleem’ • Opsies om private veeartse deel te maak van Suid-Afrika se stryd teen bek-enklouseer (BKS) word ondersoek.

Entstofvervaardiging op rand van afgrond • Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), die staatsinstelling wat dieremedisyne en -entstof vervaardig, het die afgelope finansiële jaar slegs 62% van sy teikens behaal en ’n inkomstetekort van R100 miljoen aangeteken.

Gariep Watch waarsku teen ‘wettiging’ van waterbesoedeling • Gariep Watch, ’n nieregeringsorganisasie wat die watergehalte van die Benede-Oranje- en -Vaalrivier navors met die oog daarop om die riviere vir alle waterverbruikers te beskerm, het die departement van water en sanitasie gewaarsku om nie besoedeling deur té verdraagsame standaarde te ‘wettig’ nie.

Dieregesondheid, naspeurbaarheid kernbelangrik vir groei • Al het dit Australië byna twee dekades gekos om ’n beter graderingstelsel te beding, is dít hoe Australiese boere ’n premie van tot 30% kan verdien.

Klimaatsverandering wurg graanboere ál meer • Erge klimaatsgebeure, soos droogtes of té nat toestande, kan veroorsaak dat graanboere tot ses jaar lank hul skuld vir een oes moet afbetaal.

Wol word ‘groen’ geproduseer, wetenskap sal dit bewys • Volgens huidige Europese maatstawwe en die onderliggende wetenskap word wol nie ‘groen’ geproduseer nie, maar skaapboerdery is júís groen, sê Isak Staats, BKB se uitvoerende bestuurder van wol en sybokhaar.

De Chavonnes Vrugt AgriSA se nuwe president

Hoop vir Agoa, maar SA dalk onder soeklig • Daar is ’n opflikkering van hoop dat die Amerikaanse wet op groei en geleenthede (Agoa) hernu kan word nadat ’n Republikeinse senator van die deelstaat Louisiana ’n wetsontwerp hieroor by die Amerikaanse senaat ingedien het.

Nuwe protokol: Steenvrugte reeds dié seisoen na China uitgevoer • ’n Inkomste van miljoene rande uit steenvruguitvoer en honderde werkgeleenthede wink nadat vrugteboere pas die groen lig gekry het om hierdie seisoen die eerste keer vyf soorte steenvrugte na China uit te voer.

Kleinveeboere slaak sug van verligting • Ná die swak pryse in verskeie vorige seisoene het wolpryse weer volhoubare vlakke bereik. Dit het egter sy tol geëis, en oorsese markte word nou fyn dopgehou.

Starlink wil miljarde belê, maar . . .

Kondisie en veldbestuur help dié boere skitter • Die finaliste in vanjaar se nasionale Skaap- en Beesboer van die Jaarkompetisie het ’n groot indruk op die beoordelaars gemaak wat die kondisie van hul diere en die veld, asook die toepassing van tegnologie betref.

Werking van SA hoenderbedryf gefynkam • Die Mededingingskommissie se ondersoek na die hoenderbedryf laat die soeklig val op Suid-Afrika se belangrikste proteïenbron. Met 36 kg hoendervleis per capita per jaar — byna dubbel soveel as beesvleis — is dit nie net ’n akademiese oefening nie, maar ’n ondersoek wat die toekoms van bekostigbare proteïen vir miljoene Suid-Afrikaners kan bepaal.

BKB: ’n Suksesvolle omkeerstrategie • BKB, een van Suid-Afrika se toplandboumaatskappye, het die afgelope...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans