Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!
Kerswense VAN BEKENDES EN LESERS • Die jaar is op sy einde en ‘n nuwe een wink. Ons het by ‘n paar bekendes en lesers ingeloer oor die jaar wat was en die een wat kom DEUR RENÉ CLOETE
VIND SY VREUGDE IN EENVOUD • Laat die eenvoud van Jesus se geboorteverhaal – die gestroopte, egte een sonder prag en praal – jou vanjaar inspireer om Kersvreugde te ervaar en dit met ander ook te deel
Onthou die “Christ” in Christmas • Dalk is die beste geskenk vanjaar om te onthou wat jy reeds in Hom het
VASHTI & CLAYTON: SÓ HET ONS LEER LAG DEUR DIE TRANE • Hulle het al genoeg storms oorleef om nou te verdien om ligvoets deur die lewe te gaan. Die akteurs Vashti Prins en Clayton Evertson, wat tans die skerms aan die brand speel in Kelders van Geheime, se energie was aansteeklik tydens Kuier se voorblad- en kalenderfotosessie by die Zevenwacht-landgoed in Kuilsrivier. Gesels jy met hulle kom jy gou agter deur hoeveel hulle al is – dinge wat aan hulle geskaaf het en hulle die mense gemaak het wat hulle vandag is …
NUUSVASVRA 2025 • Is jy ‘n boffin as dit kom by wat klap hier en in die res van die wêreld? Of is jy altyd die laaste om die jongste nuus te hoor? Wat het vanjaar die nuusopskrifte gehaal? Toets jou kennis met dié 40 vrae
NUWE VERLOF GELD VIR MA ÉN PA • Nuwe wetgewing gee nou vir pa's en ma's ewe veel ouerskapsverlof – hulle moet net besluit hoe om dié tyd tussen hulle op te deel. Dís wat jy en jou partner moet weet, veral in jul baba se kosbare eerste maande DEUR MARETHA BOTES
‘NET VIER MAANDE GEGEE, MAAR SY'T GEVEG VIR 12’ • As ‘n familie moes hulle nou al etlike kankerdiagnoses aanhoor en dié siekte beveg. Hul sussie s'n het hulle ekstra hárd getref …
‘JESUS HET MY ORE KOM HAAL’ • Die dag toe sy doof geword het, het sy nooit gedink sy gaan eendag op ‘n preekstoel staan nie. Vandag leef Betty Wanza, ‘n dominee vir dowes in Worcester, haar passie uit deur die gemeentelede van die Dowe Familiekerk by die De la Bat Skool vir Dowes op Worcester te bedien
‘N MAMMA EN SJEF DUISEND • Sy's terug op die kassie – dié keer as aanbieder van Kokkedoor: Son & See – ná ‘n pouse van 23 maande waartydens sy die vreugde van net mamma-wees geniet het
OP DIE KERSTAFEL • Die TV-sjef Herman Lensing deel in sy nuwe kookboek Herman se Tafel heerlike resepte vir die onthaaltafel en uit sy ouma se kombuis, perfek vir jou Kerstafel of ‘n lekker dinner party
FEES-VLYTIG! • Raak kreatief met dít wat jy het vir Kersversiering – met ‘n twist!
OORLEEF SÓ FESTIVE MET FAMILIE • Kuier se eie Antie Val gee raad oor hoe om die feestyd met die familie te oorleef
WAAR DIE SOET SKUIL • Jou suikerinname en porsiegroottes neem heel waarskynlik toe tydens die feestyd se gekuier. Ons kyk na hoeveel suiker jou gunstelingdrankies bevat en wys hoe groot jou porsies moet wees
HOE OM PRESIES GENOEG TE EET
OORKOM DIE OORTUIGINGS WAT JOU POOTJIE • Dink aan jou innerlike stem as ‘n afrigter in jou kop wat jou kan maak of breek. Oorkom só daardie negatiewe oortuigings
VAKANSIE-DOENDINGE VIR DIE GESIN • As jy al teen dag twee van die skoolvakansie begin voel die kinders ly aan chroniese hongerte (die snacks hou nie!) of heeltyd hoor ‘ek's verveeld’, kan dié idees die dae so ‘n bietjie korter laat voel
HELP, MY BEURSIE IS GESTEEL! • Jý ontspan dalk dié feestyd, maar...